Home > Author > Francis Galloway
1 " En skryf – vir ons – ’n gedig oor: “Die herinnering aan ’n aand is ’n appel”; en verbind dit met Adam-en-Eva se appel; en eet die appel aan die einde; en vra dan: En nou? Jy sal weet hoe. Ek is nie ’n digter nie. "
― Francis Galloway , Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe
2 " Dís altyd vir my die bitterste van die hele skryfbestaan: dat jy tydens die vreugde-en-ellende van die proses self, én daarna, jou woorde net vir jouself het, maagdelik, heeltemal ongerep. Maar dat dit ook roep om die wêreld in te gaan; en dat die eerste oë wat daarna kyk, goedkeurend of afkeurend maak nie saak nie, daardie ongereptheid verstoor. Of is dit maar die óú oortuiging van iets magies wat kleef aan alles wat pril is? "
3 " But writers are of course mad, sick beings who will not rest just knowing things – sometimes deliciously, at full throttle; they must go and contaminate the experience with words, too, say it. "
4 " Ek weet ons staan vry teenoor mekaar, bind mekaar aan niks, verbind mekaar tot niks: maar ek wens ek kon by jou wees; en help. Nie net om ’n woonplek te kry en al die peuterighede van elke dag te deel nie; maar – dalk – om te help om van alleenwees langsaam te genees. "
5 " Maar seerkry kom so dikwels omdat mens ’n bepaalde beeld van of vir die toekoms skep, asof dié verskiet, dié “eendag” die belangrikste is. En dit is nie. Dit is wat mense verlei om vals teenoor mekaar te wees, beloftes te maak vir ’n “eendag” waaroor hulle geen beheer het nie. En daarom is wat ek jou aanbied – here, dis min, ek weet, maar dit is vir my so kosbaar – nou. Dis nie fatalisme of hedonisme of watse isme ook al nie, dalk nie eers realisme nie. Maar is dit nie op stuk van sake ál waarvan ons as mense seker is nie? En dis ’n “nou” wat tyd eintlik van minder belang maak. Dit kan dae wees, of weke, of jare, of “for ever and ever”. "
6 " Luister, liefling, ek hét jou lief, ek is bereid, méér, om altyd by jou te bly. Verstaan jy? Maar voordat jy só na my toe kan kom, is ek bang vir álle hoop, álle oorgawe gee aan moontlikhede … alewig moontlikhede … Ek wil nie “gedood word deur ’n droom”, om myself aan te haal nie. En dit sal vernietigend wees vir ons verhouding soos dit nou is. En daarom probeer ek, ten spyte van my eenheid en verbondenheid met jou, om dinge maar te aanvaar soos hulle is: goed, as ek nie by ander mans mag gaan lê nie – ek kan verstaan dat jy jaloers sal wees omdat jy my liefhet, maar Estelle is daarom ook tog iémand, én wat jy eenmaal liefgehad het, en by wie jy blý, en ek NEUL nie so nie! "
7 " Te troebel vir skryf. Te verwond vir lewe. "