Home > Work > 'n Baie lang brief aan my dogter
1 " Maar selfs in ons andersgeit soek ons ander mense wat op min of meer dieselfde manier as ons anders is. Ons bly nou eenmaal kuddediere. "
― Marita van der Vyver , 'n Baie lang brief aan my dogter
2 " internasionale woord vir ’n begeerte om te reis, “wanderlust”, afgelei is van die Duitse woord vir stap, “wandern”. In moderne Duits word Wanderlust gewoonlik vervang deur Fernweh, wat letterlik vertaal kan word as “weemoed vir die verte”, die teenoorgestelde van Heimweh of “weemoed vir die huis”. En tog kan jy terselfdertyd aan albei hierdie toestande ly. Vra maar vir my. Ek is ’n reisiger wat al dekades lank twee swaar tasse saam met my dra. Aan my een arm hang ’n tas wat vol Fernweh geprop is, aan my ander ’n tas vol Heimweh. Die begeerte om verder te reis is altyd daar. Maar omdat ek so ver van my geboorteland af lewe, gaan die heimwee nooit heeltemal weg nie. Die Britse skrywer "